Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Sleeswyk-Holstein |
Koördinate | 54°47′N 09°26′O / 54.783°N 9.433°O |
Stigting | 12de eeu |
Stadstatus | 1284 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 56,38 vk km |
Hoogte bo seevlak | 12 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 89 357 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 585/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Klimaat[1] | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,2 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,6 / 16,0 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 903 mm |
Burgemeester | Simon Faber (SSW) |
Amptelike Webwerf | flensburg.de |
Flensburg (Deens en Nederduits: Flensborg; Noord-Fries: Flansborj, Flensborag) is 'n selfregerende stad in die noorde van die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein. Flensburg is die derde grootste stad in die deelstaat ná Kiel en Lübeck met 'n bevolking van meer as 89 000 asook die noordelikste selfregerende stad in Duitsland. Die stad vorm die noordelike grens van die skiereiland Angeln.
Die grootste stede in die omgewing is Kiel (86 kilometer suidoos van Flensburg), Odense in Denemarke (sowat 150 kilometer noordoos van Flensburg) en Hamburg (176 kilometer suid van Flensburg).